Stoksielalleen op ‘n Sondagoggend
So word ek wakker Sondagoggend
Met ‘n kopseer wat skrik vir niks
En 'n eerste bier vir brekfis smaak goed
So n tweede een doen geen skade.
Dan grou ek deur die vuil wasgoed in my kas
En kry my skoonste vuil hemp.
Ek was my gesig en kam my hare
En strompel trap af die dag tegemoet.
Gis’traand is my verstand benewel
Met sigarette en tokkel op my ghitaar.
Maar ek steek maar weer een aan
En staar na n kind wat ‘n blik rondskop.
Dan stap ek oor die straat
En kry die reuk van Sondagbraaihoender.
En Here, dit neem my terug op die pad na iets,
iewers lank verlore.
Sondagoggend op ‘n sypaadjie,
Wens ek, Here, dat ek niks kon voel nie.
Want daar is iets in ‘n Sondag
Wat jou stoksielalleen laat voel.
En daar is niks anders as die dood
Wat amper so verlate is as die klank
Van 'n slapende stad se sypaadjie
En Sondagoggend strompel ek die dag tegemoet.
In die park sien ek ‘n pappa
Sy laggende klein dogtertjie rondswaai.
En ek stop langs die Sondagskool
en luister na die klank van hulle sang.
Dan gaan ek straat af,
En iewers in die verte lui ‘n enkele kerkklok,
En dit weergalm deur die kranse
Soos die uitgestorwe drome van gister.